We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Hoe Gaan Dit

by Arno Carstens

supported by
/

about

“Hierdie liedjie konfronteer die leegheid wat gelaat word deur vriende en geliefdes wat Suid-Afrika verlaat. Dit is `n ode wat ek geskryf het aan diegene wat ons op hierdie manier verloor het en dit lewer kommentaar oor die werklike impak van sulke drastiese afstande op vriendskappe.”

"This track confronts the emptiness left by friends and loved ones who emigrate; a narrative steeped in the bittersweet acknowledgment of their reasons for leaving and the void their absence creates. 'Hoe Gaan Dit' is a melancholic ode to those we've lost to the distances between us."

lyrics

Hoe Gaan Dit by Arno Carstens

Ek stuur groete en beterskap,
Ek wou net inloer en sê, what’s up?
Stuur ‘n foto van jou nuwe huis,
Ek dink jou familie mis jou tuis.

Maar die son kom nog op, en die walvisse stop,
Al hoe minder in die wind verwaaid.
Maar ek mis jou, vriend, ons is almal alleen
Op die grootpad soos die aarde draai.

Sê vir my hoe gaan dit?
Is daar gelukke waar jy is?
Hierdie ysblou see verbind ons
Ek bel jou later as die tyd jou pas.

Die plek het heeltemal verander,
Gesigte herken ek skaars.
Maar daai sneeu op die dorp se berge
Is pragtig, maar net te min.

En elke son op en elke wending
Waar die stryd jou ook betaam,
Weet ou siele bly dieselfde,
En hul verstaan.

Sê vir my hoe gaan dit?
Is daar gelukke waar jy is?
Hierdie ysblou see verbind ons,
Ek bel jou later as die tyd jou pas.

Sien jou min as jy om die draai bly,
Ek sien jou minder as jy oorsee loop.
Diaspora in die ongewoond
Oorsee, oorsee, oorsee.

Ja, almal mis iets,
En almal is alleen
Op die grootpad na die wind verwaaid.
Ek sien jou môre, oor ‘n hele paar jaar.

Sê vir my hoe gaan dit?
Is alles daar oraait?
Ek bel jou bietjie later,
As die boodskap jou in tyd beruik.

Se vir my hoe gaan dit?
Is alles daar oraait?
Sien jou bietjie later,
Ooooh.

Net voorspoed, mooi loop.
Net voorspoed, mooi loop.
Net voorspoed, mooi loop.
Net voorspoed, mooi loop.

credits

released March 1, 2024

license

all rights reserved

tags

about

Arno Carstens Cape Town, South Africa

Genre-bending, platinum selling, alternative singer songwriter, Arno Carstens, has released multiple albums with a string of successful singles and awards including Best Rock Album, Best Alternative Album & Song of the Year. He’s been called “The godfather of South African Rock” by Mail & Guardian & Sunday Times have hailed him as “One of the most prolific songwriters and performers of our time” ... more

contact / help

Contact Arno Carstens

Streaming and
Download help

Report this track or account

If you like Arno Carstens, you may also like: